top of page
Search

Die Waarheid.

maretia

Updated: Jul 8, 2020

Die tradisionele benadering tot die waarheid is eensydigheid:

“Reg of verkeerd.” “Wen of verloor.”

Moderne filosofie beweer die waarheid is relatief:


“Die waarheid is relatief” het gesorg vir geweldige sosiale deurbrake

en objektiwiteit is nou ‘n gesogte kommoditeit:

“Speel die bal, nie die mens nie.”

Maar wat is die gevolge wanneer die waarheid

in ’n morele- of geloofskonteks ook as relatief beskou word?

Hoe handhaaf ek myself wanneer ek nie ’n vaste fondament van morele oortuiging het,

of mag bepaal nie?


Johannes 14:6. Die Waarheid is 'n persoon en Sy naam is Jesus.



--------------------------------



Luister.

Spits jou ore en luister

want hierdie storie gaan oor jou

wat in treurwoede jou bors vasklou,

angstig

knersend in jou binneste.


Jy roep 'n hulpkreet eensydig.

Jou waarheid is krom

maar Waarheid was eerste en Waarheid roep steeds

na jou.


Gil jou vrae uit die Antwoord luister geduldig.

Hoop is die ingenieur, nie onderworpe.

Hy was nooit skuldig aan leuens

so weereens

God roep na jou.



MK Wiggett

4 Augustus 2017

51 views0 comments

Recent Posts

See All

Eersteling

Comments


bottom of page