Eersteling
- maretia
- Sep 14, 2022
- 1 min read

Sag is die broosheid wat volg na jou koms.
Sagter nog wanneer jy sug of slaap of glimlag vir ons.
Hard is die groei en die grootword en die gee
en hard praat genade wanneer die huis doodskril lui tussen 1 en 2.
Sag is ons moegheid maar hard is joune.
Hard is ons vastberadenheid nog sag joune.
Ongemaklik ontbloot dié wêreld jou en ons.

‘n Verkleinwoord.
‘n Groeiende lewe op my skoot.
Wat binne was is buite.
‘n Afsterwende self.
‘n Deurset wat diep delf.
Wat reeds binne was drip buite.
Uiteindelik eens in een ding is ons nou na die wroegstoei en kop-bo-water-hou. Die jou-en nou net ons gemaak.
Dié gesin.
Dié Hollandse Kaap.
Sag is ons groei en ons grootword en ons gee
want hard gevergde vertroue wanneer ons weer eersdags ontbind
om jy jou eie gange te betreë.

MK Wiggett
2022
Comments