top of page
Search

Regte Geloof

maretia

Dis nou vir jou ‘n teësinnige slagspreuk.

Nes jy begin voel iets daarvan maak sin en Goddank selfs in jou lewe weerspieël brand daar nog ‘n lagie klappe van jou oe af terwyl die siklopiese popularisasie van ‘n gegronde waarheid homself aarselend uit die voete maak

snaaks genoeg op presies dieselfde tyd as die verwikkeling van iets nog meer aardig soos tragedie of die dood maar soortgelyk aan daardie perfekte oomblik op ‘n rondom-talie wat die draaiende wêreld egalig sweef en jou oë op iets naby fokus besef jy daardie iets is Hy en daardie oogklap,

was maar net weer jy.


8 Januarie 2020

MK Wiggett



44 views0 comments

コメント


bottom of page